Tuisblad / Home page
Bevryde,Sappige Vriendinne
Aanbiedings / Presentations
Optredes / Performances
Produkte / Products
Kontak / Contact
Die Bevryde, Sappige Vriendinne 

( 'n Vriendskapsklub vir triomfantelike vroue)

Hierdie loslit-kuierklub bestaan al sedert 2002 in die Weskaap. Meer as 4000 vroue het al aangemeld vir 'n ekstra vonkel in hul lewe.  Daar is ook 'n steeds groeiende Vrystaatse tak. Die plan is om in die jaar 2008 nog meer takke landswyd, asook in Namibië te vestig.

Die sameroeper en stigter is Elsabe Aldrich, 'n motiveringspreker – sy verkies die benaming pretprater - van die Paarl. Sy tree landswyd op oor kwaliteitslewe, sprankelverhoudings en innerlike oorwinning oor papgeklaptheid. Hierdie bevryding vir die vrou het nie juis met politieke regte te doen nie. Eerder met gesonde selfbeeld en die verwerping van halwe waarhede oor waarin 'n vrou se waarde lê. Elsabe glo sukses en geluk is binne elke vrou se bereik, mits sy kies om sappig te bly – ongeag terugslae -  en nie knolle vir sitroene koop nie. 

Dit is nie werklik 'n klub nie - meer prettige byeenkomste. Daar is geen inskrywingsgeld nie. Elkeen betaal net vir die funksie wat sy bywoon. Daar word heerlik om ronde tafels geëet en gesels.  Die ideaal is om in elke streek twee sulke kuiergeleenthede per jaar aan te bied.

Vroue word hoofsaaklik per e-pos, of met advertensies in die betrokke nuusblaaie en moontlik oor die radio uitgenooi om hul vriendinne saam te bring na so 'n ontbyt,  ag-gangfeesmaal of pajamapaartie met pitkos en  volop geleentheid vir lag en hare laat sak. Elke geleentheid bied 'n ander tema van sappigheid waarop die sprekers en genooide kunstenaars fokus. 

Na afloop van elke funksie word 'n bedrag aan 'n geselekteerde instansie of liefdadigheidsorganisasie  geskenk om te wys Sappige Vriendinne gee om en gee aan. So het onder andere die Magdalena-huis vir krisisswangerskap, Huis Andries Olivier in Durbanville, Nazareth House, Burger-Kersfonds en die ACVV, Boland al geld ontvang.  Meer as R60 000 het gehelp om mense se lewens positief te beïnvloed. 

VAN DIE TEMAS TOT DUSVER
  • SAPPIGE VROU: JY IS RAAR MAAR WAAR!
  • SAPPIGE VROUE IS VOL PASSIE - EN NIE NET DAAI SOORT NIE!
  • SAPPIGE VROUE SORG  SELF VIR GENOEG PRET
  • VERHOUDINGS – MAGIC OF TRAGIC?
  • EENVOUD IS 'N KUNS: GENOEG IS GENOEG.
  • HELP! TOE EK UITEINDELIK MY KOP REGKRY, TOE VAL MY LYF UITMEKAAR.
  • VAN SUPER TOT SUPERSONIES: SAPPIGE VROUE WEET HULLE KAN 'N VERSKIL  MAAK.
  • SAPPIGE VROUE VERLUSTIG HULLE IN HUL EIE SENSUALITEIT 
 
Toekomsmusiek: Kuiergeleenthede in die dagboek

3 November 2012 – Paul Roos-Gedenksentrum, Stellenbosch – Wes-Kaap


















Bevryde
Sappige Vriendinne
Naam

Van

E-posadres

Provinsie

 
 
Kontak

Elsabe Aldrich,
Dirkie Uysstraat 58,
Sandbaai, Hermanus 7200
Republiek van Suid-Afrika

Tel: +27 28 316 3739
Faks: +27 28 316 3739
Selfoon: +27 82 895 9899
E-posadres: elsabe@elsabealdrich.co.za

Click here for English details