Elsabe Aldrich is ’n motiveringspreker wat die term pretprater verkies.

Sy is al vir meer as twee dekades landswyd bekend as pretprater, want sy glo aan die genesende krag van lag. Sy floreer op die energie tussen haar en ‘n gehoor. Elsabe praat geestelik en geestig. Sy preek nie – al praat sy by geleentheid ook Sondae in kerke.

Sy lees dolgraag en fynkam die suksesliteratuur vir wenwenke oor sprankelverhoudings en innerlike oorwinning oor papgeklaptheid. Haar grootste uitdaging is die vind van nuwe grappe en pittighede. Sy is bekend vir haar dramatiese uitrustings en lewer nie net ‘n toespraak nie – sy gooi ‘n hele show.

Kontak haar by [email protected] vir besprekings.